Verkiesing van Akademieraad 2023 tot 2026
Stemproses en reëls
- Slegs Volle lede mag stem.
- Lede stem vanjaar slegs vir kandidate in die fakulteit geesteswetenskappe.
- 'n Lid moet 'n minimum van 3 stemme en kan 'n maksimum van 5 stemme uitbring, maar hoef nie al 5 stemme te gebruik nie.
- Uit elke provinsiegroep sal u minstens een kandidaat moet verkies, d.w.s. u sal minstens een kandidaat moet verkies vir die Noordelike Provinsies, een vir die Suidelike Provinsies en een vir die Sentrale Provinsies.
Let wel: Die kandidaat vir die Buitelandse Werkgemeenskap val nie onder die
provinsiegroepe nie.
- Akademielede uit die fakulteit natuurwetenskappe mag ook stem vir kandidate in die geesteswetenskappe.
- Lede met 'n geldige selfoonnommer of e-posadres kan elektronies stem.
- Lid moet aanteken met 'n lidnommer. Indien u onseker is oor die proses of nie u lidnommer het nie of nie 'n wagwoord ontvang nie, kontak die Akademie:
- Sodra u aangeteken het, sal u 'n tydelike wagwoord ontvang. U sal die keuse gestel word of u die tydelike wagwoord per SMS of per e-pos wil ontvang.
- Belangrik - Lede, tans in die buiteland, moet die e-pos opsie gebruik, maar dit kan nie altyd gewaarborg word nie. Indien dit nie suksesvol werk nie kontak die Akademie vir 'n tydelike wagwoord. Die
wagwoord sal eers verval sodra u gestem het.
- Die tydelike wagwoord verseker dat u 'n wettige stem kan uitbring.
- Om die kandidate weer na te gaan, klik op Kandidate regs bo in die grys gedeelte.
- Om 'n stem uit te bring klik op Teken aan regs bo in die grys gedeelte.
- Belangrik - Hou u lidnommer byderhand en volg die proses soos verduidelik.
- Indien u onseker is oor die proses of enige navraag het kontak die Akademie:
|